Search

The lourensbreytenbach.com BLOG

Newest stuff first. Scroll DOWN to see ....

Vir my MATRIEKS van 2017

Wednesday, October 4, 2017

Raad vir die lewe

Van Mnr Lourens Breytenbach (Hoërskool Roodepoort)

  1. Die lewe is kort en die aarde is nie ons huis nie, so hou jou oog op die Ewigheid en wees 'n nederige en gelowige kind van die HERE.

  2. As iemand jou wil slegsê of afkraak, sê vir hulle:
    "Your opinion of me ... has nothing to do with me!"
    Iemand het een keer gesê: "In order to live a free and happy life, one should live independent of the good opinion of other people."

  3. Moenie "fake" (kunsmatig) wees nie. Niemand kan werklik opregtheid naboots nie! Wees eerlik teenoor jouself en almal om jou.

  4. Omring jouself met mense wat binne en buite mooi is. En kry vir jou mooi goed om jou lewe op te helder. Dit hoef nie geld te kos nie. En wees entoesiasties oor elke dag. Dit breek elke oggend. 

  5. Moenie die lewe te ernstig opneem nie. Lag gereeld en loop rond met 'n ondeunde (stoute) glimlag op jou gesig. Maar let wel: Neem jou familie, vriende, werk en jou liefdes baie ernstig op - leef met passie! 

  6. Wees liewer die minste in 'n konfrontasie. Sê gou jammer en vergewe sommer dadelik. Maar as jy jou man/vrou moet staan - kry jou feite reg en baklei hard!

  7. Moenie heeltyd probeer "slim" of "smart" wees nie. Ken jou plek en bly gereeld stil en luister na wat mense vir jou wil sê. Respekteer ouer mense en leer by hulle. En leer jongmense, veral kinders, hoe om gelukkig te wees. Dis so belangrik om geluk te KIES!

  8. Daag op, wees betyds, wees betroubaar en hulpvaardig. Doen jou werk met liefde en doen meer as jou deel. Almal sal jou onthou vir jou diensbaarheid.

  9. Wees sterk en loop regop. Trek jou skouers terug en lig jou ken op! Moenie behoeftig (needy) wees nie. Verdien en spaar jou eie geld. Moenie spunge op mense nie. Wees vrygewig en gee groot tips (fooitjies) aan mense wie goeie diens lewer. Hulle verdien dit.

  10. Moenie altyd besig wees nie. Ontspan doelgerig en wees rustig in stilte in jou kamer of waar jy ookal kan. Veral in die natuur. Wees lief vir die aarde. Kyk na die maan en wolke. Bewonder insekte en plante. Wees lief vir diere. Dis deur stilte en die Natuur wat die Heilige Gees met jou sal praat en jou leiding sal gee, Lees die Bybel. Veral Jesus se woorde.

  11. Drink baie water. Eet wanneer jy honger is. Wees aktief en stap/oefen baie. Maar onthou - tjoklits en biltong is goed vir jou! Gooi weg al die pille en gebruik Cellfood en Moringa. Google dit.

  12. Vergewe jouself en ander mense wie jy dink jou seergemaak het. Dis net die Ego of Duiwel wat lekker kry as jy skuldig voel, kwaad of bang is, verveeld raak of sommer net ongelukkig is. 

  13. Leer en lees soveel as wat jy kan. Dra jou bril (kry een as jy nie mooi kan sien nie) Vind "stuff" uit! Wees 'n spons vir kennis. Leer hoe om behoorlik te kan lees, skryf en spel in Afrikaans en Engels. En leer somme maak. Ken jou tafels!

  14. Pas jou tande op. Only floss the teeth you want to keep!

  15. Goeie musiek, flieks en boeke is die sleutel tot vreugde in jou lewe. Maak seker jy het 'n baie goeie rusbank en bed waarop jy hierdie dinge kan geniet.

  16. Reis en geniet die wêreld. Dis nie geskep om ons te vernietig nie - dis gemaak om ons te help leer en verander. Dis ons speelplek - ons moet kyk na ons moeder Aarde. En dis belangrik, anders sal jy as jongmens se kinders nie daarin kan leef nie. 

  17. Hou gereeld 'n lekker partytjie en kuier hard! Maar moenie drink en bestuur nie. Moenie rondslaap nie. Wees lief vir EEN persoon wat in 'n eksklusiewe verhouding met jou is.
    Help skoonmaak en opruim. Was die skottelgoed en tel die stompies op. Koop blomme vir die tannie. Koop vir die oom 'n bietjie biltong.

  18. Moet nooit te hartseer wees nie. Richard Bach het gesê:
    "Don't be dismayed at goodbyes. A farewell is necessary before you can meet again. And meeting again, after moments or lifetimes, is certain for those who are friends."

  19. Glo dat goeie dinge sal gebeur ... en dit sal. Laat jou oë blink as jy met mense gesels. Vertel 'n grappie. Gee oumense 'n druk totdat hulle bene kraak! Betaal jou huishulp R50 meer as ander mense. 

  20. Moenie jou tyd mors nie - dis so kosbaar. Wees 'n gelukkige en private mens. Jy mag nee sê. Jy hoef nie elke "text" te beantwoord nie. Jy hoef nie elke "post" te share of te reageer op alles op jou foontjie nie. Sit die ding af vir twee dae. Of langer!

  21. Maak jou eie besluite. Dis jou lewe. Vra raad; hoor wat ander sê ...  en dan doen jy wat JY wil. 

Nou goed ... dit is genoeg!

Ek is baie lief vir julle almal. Dankie dat julle julle lewens met my gedeel het. My kinders vir vyf jaar!

 

Liefde,

Mnr Lourens Breytenbach

No comments yet